Studente Stories

Riccardo Swanepoel Ontvang Kanselliersmedalje

riccardoswanepoel

Mnr Riccardo Swanepoel is gisteraand (7 Desember) tydens die gradeplegtigheid van die Fakulteite AgriWetenskappe en Ingenieurswese aangewys as die ontvanger van die Universiteit Stellenbosch se Kanseliersmedalje vir 2016. Dié toekenning is die hoogste lof wat die US aan ‘n student betoon.

Die Kanseliersmedalje word jaarliks toegeken aan ‘n finalejaarstudent of ‘n nagraadse student wat uitnemend presteer het.

Lees die volle nuusartikel hier.

Jamie Cripwell praat in tale

Jamie Cripwell

Jamie Cripwell

Jamie Cripwell, ‘n PhD-student in Prosesingenieurswese, is as gesamentlike wenner met  Liesl Kotze, ‘n honneursstudent in Mandaryns, aangewys in die Suid-Afrikaanse uitdunrondte van die 14de “Chinese Brug” Chinese-vaardigheidskompetisie vir Kollege S​tudente.

Lees meer hier.

ChemIng Beker 2014

Sokker Foto

Hier jaar, 2014 het ons nagraadse sokker afgeskop. Behalwe die goeie oefening het die Dinsdag-sokkerwedstryde nuwe vriendeskappe gevorm en oues versterk. Die sokker het ‘n spangees onder ons geskep, wat deurgedra het na die inter-fakulteitaktiwiteite.

Ons het weg gespring met ‘n geleende bal van Tope en geleende kegels van Vincent, Niel en die werkswinkel. Prof. Clarke het toe befondsing gereel om ons eie, splinternuwe toerusting te koop. Dit het ons sokker heeltemal omskep van ‘n amateur namiddig rondskoppery tot amper ‘n professionele lopie.

Lees die volle berig

Willem Rossouw ontvang ‘n studiebeurs

Willem Rossouw, meesterstudent by Prosesingenieurswese

Willem Rossouw, meesterstudent by Prosesingenieurswese

Willem Rossouw, ‘n Meestersgraadstudent by die Departement van Prosesingenieurswese, het ‘n Outotec Nagraadsebeurs van die Weskaapse tak van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Mynwese en Metallurgie (SAIMM) ontvang. Hierdie studiebeurs word toegeken aan nagraadse studente in hul eerste studiejaar, wat navorsing doen, gerig op volhoubaarheid in die mineraalverwerking en ekstraktiewe metallurgie. Willem se nagraadse navorsing vorm deel van ‘n projek, gefokus op die ontwikkeling van ‘n hidrometallurgiese proses vir die herwinning van metale uit elektroniese rommel. Hierdie projek word ook deels ondersteun deur die Nasionale Navorsingstigting.  

Lees verder