Mineraalprosessering

Add your Alt text here, it is very good for SEO

Namate dit moeiliker raak om erts te myn en namate die graad daarvan verswak, verskerp die uitdaging om doeltreffender prosesse te ontwikkel om metale te herwin ten einde in die groeiende wêreldvraag te voorsien. Terselfdertyd is daar mededinging om skaars waterbronne asook ’n behoefte om die verbruik van fossielbrandstowwe te verminder sonder om in die strammer ekonomiese klimaat aan finansiële lewensvatbaarheid in te boet. Dít skep ’n geleentheid om innoverende prosesse te ontwikkel. Die Mineraalprosesseringsgroep se navorsing fokus op die modellering en ontwikkeling van prosesse, hoofsaaklik op die gebied van fisieke prosessering, pirometallurgie en hidrometallurgie. Die projekte is tersaaklik vir en word geborg deur die bedryf, en wissel van fundamentele studies tot prosesontwikkeling. Tegnieke soos berekeningsvloeidinamika en modellering van gebonde partikels word gebruik om prosesse te simuleer en te ondersoek, terwyl eksperimentele ondersoeke help met die ontwikkeling van nuwe en lae-energie hidrometallurgiese prosesse vir die herwinning van edel- sowel as basismetale.

Navorsingsonderwerpe

  • Fisieke prosessering
  • Pirometallurgie
  • Hidrometallurgie

Personeel