Bioprosesingenieurswese

Navorsing oor bioprosesingenieurswese is gerig op die toepassing van beginsels uit die chemiese ingenieurswese om biologiese prosesse te ontwikkel en optimiseer. ’n Wye verskeidenheid biologiese prosesse word nagevors, onder meer dié waarby bakteriese, swam- en ensimatiese biokatalisators betrokke is. ’n Belangrike fokuspunt is om lig te werp op prosesstrategieë wat daarop gerig is om die organisme se prestasie te verbeter en produkakkumulasie te optimiseer.

’n Sterk fokuspunt is energie- en omgewingsingenieurswese, met die klem daarop om brandstowwe en chemikalieë uit hernubare biomassa te vervaardig. Biologiese en termochemiese prosestegnologieë word gebruik om lignosellulose in waardevolle produkte te omskep, om afhanklikheid van fossielbrandstowwe te verminder en om ekonomiese geleenthede aan te gryp wat uit die vermindering van koolstofvrystellings spruit. Die werk word by bedryfsbehoeftes aangepas om te verseker dat die tegnologieë wat ontwikkel word, kommersieel toegepas kan word.

Navorsingsonderwerpe

  • Mikrobiese bioprosessering vir die produksie van proteïene, ensieme, mikrobiese biomassa en metaboliete
  • Plant biomassa-prosessering deur uitdroging, pirolise en vergassing vir die produksie van brandstowwe en chemikalieë
  • Plant biomassa-omsetting deur fermentasie prosesse vir die produksie van brandstowwe en chemikalieë
  • Plant biomassa-fraksionering na waardevolle chemikalieë en biopolimere in ‘n bioraffinadery, as plaasvervangers vir afgeleide produkte van fossielbrandstowwe
  • Prosesmodellering van energie doeltreffendheid, ekonomiese analise en lewensiklusbepaling van biologiese en termochemiese omsettingsprosesse
  • Omsetting van visafval na dierevoer en nutraseutiese middels
  • Agro-prosessering van grane

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Navorsingsonderwerpe

  • Bacillus lipopetiedes vir biobeheer van plantsiektes
  • Produksie van bakteriese anti-mikrobiese middels as farmaseutiese produkte
  • Biosurfaktant ondersteunde bioremediëring van koolwaterstof besoedelstowwe
  • Hernubare brandstof van bakteriese mikrobes
  • Hoof ingenieursparameters wat optimale bio-omsetting van koolwaterstowwe definieer