Akkreditasie

Alle BEng-grade is by die Ingenieursraad van Suid-Afrika (ECSA) geakkrediteer om gegradueerdes as professionele ingenieurs te registreer nadat hulle die toepaslike praktiese ervaring opgedoen het.

Verder word die BEng vir doeleindes van registrasie as professionele ingenieur erken in lande wat die Washingtonverdrag onderteken het, onder meer Australië, Hong Kong, Ierland, Nieu-Seeland, die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State van Amerika, die Sjinese Taipei, Japan, Singapoer en die Republiek van Korea.

Hierdie grade bied ook gewoonlik direkte toelating tot nagraadse studieprogramme in ingenieurswese aan oorsese universiteite.

Vir meer inligting oor ECSA of registrasie as professionele ingenieur, besoek ECSA se webblad.

Women chemical engineer