Chemiese Ingenieurswese en Mineraalverwerking

Chemiese ingenieurs ontwerp, ontwikkel, en bestuur die prosesse wat rou materiale op groot skaal omskep tot nuttige produkte. Van olie tot brandstof en chemikalië, van erts tot metale, van biomassa tot brandstof, van afloop tot skoon water – chemiese ingenieurs is werksaam om ons lewenskwaliteit te bevorder op ‘n volhoubare wyse.

Ons is op Youtube

Nuus
& Gebeure

Wat is die jongste nuus in Department Prosesingnieurswese

Ingenieurswese Opedag 2016

Ingenieurswese Opedag

Die jaarlikse Ingenieurswese Opedag vind Saterdag 28 Februarie 2015 vanaf 09:00 tot 16:00 by die Ingenieurswese-gebouekompleks plaas.

Dié gewilde geleentheid, wat vir baie jare in April plaasgevind het, sal vanaf 2015 saamval met Universiteit Stellenbosch se Opedag.

Lees verder…

Ingenieurswese Opedag op Youtube

Navorsings Brokkies

Vind meer uit oor ons opwindende navorsing in Chemiese Ingenieurswese

Navorsingsgeleenthede 2017
Research 2017

Navorsing 2017

Beginnende 2017, bied die Departement Prosesingenieurswese vele opwindende navorsingsgeleenthede aan meesters en doktorale studente in beide Chemise en Ekstraktiewe Metallurgiese Ingenieurswese.

Lees verder

Studente
Stories

Studentelewe by Departement Prosesingenieurswese

Riccardo Swanepoel Ontvang Kanselliersmedalje

riccardoswanepoel

Mnr Riccardo Swanepoel is gisteraand (7 Desember) tydens die gradeplegtigheid van die Fakulteite AgriWetenskappe en Ingenieurswese aangewys as die ontvanger van die Universiteit Stellenbosch se Kanseliersmedalje vir 2016. Dié toekenning is die hoogste lof wat die US aan ‘n student betoon.

Die Kanseliersmedalje word jaarliks toegeken aan ‘n finalejaarstudent of ‘n nagraadse student wat uitnemend presteer het.

Lees die volle nuusartikel hier.